Die blou wolletjie in George Bush se naeltjie’n Vrou wat die rou skaapkop op ‘n somerdag in die kar vergeet het
Die etimologie van die woord “drol”
‘n Blou bul wat van die grond af eet
Daai pylvis wat die krokodiljagter doodgemaak het en dit nie eens weet nie
Enigiemand wat onlangs saam met Les Franklin in die bed was
Ambidekstrieuse Hebreeuoloë
Ou Airwolf-onderbroeke
Wyfie-dinosourusse
Mense wat nie van myte wil praat nie omdat dit te veel soos daai ander lelike woord klink
Mense wat dink hul poepe in die bad klink soos ‘n vrot peer wat op ‘n sinkdak val
Mense wat aan akademiese tydskrifte briewe skryf om te kla oor heteronormatiewe beriggewing
Die brunet van Ace of Base
Die sign
Dronk ouens wat padtekens met bokke op met hul ketties skiet
Vroue wat hardop “skuus” se^ as hulle in ‘n unisex openbare toilet ‘n harde windjie los
Al die resensente wat destyds gese^ het Madonna se album “Music” is haar beste nog
Mense wat hul oë toeknyp en saamsing elke keer as Elton John se “Sacrifice” oor die radio kom
Die kind wat met my He-Man mannetjies kom speel het en toe Teela se kop afgebyt het
Daai een meisie in die Diensjaar van Christus-span wat – ag jy weet mos – sommer net mal is en die hele tyd grappies maak
Die stories wat daardie meisie oor haarself vertel
Die stories wat sy nie vertel nie
Iemand wat vergeet het om sy ou subskripsie op Finansies en Tegniek te kanselleer sodat dit nou al drie jaar op sy onkoste by sy ou adres afgelewer word, waar die Xhosasprekende nuwe intrekkers dit net saam met die Tygerburger en die Edgars Magazine in die vuilgoed gooi
Kie van “Mina Moe en Kie”
Die begunstigdes van die 20c per kop wat mens moet betaal om na die waterval by Loeriesfontein te kyk
Nog tale waarin Mormoon met hormoon rym
Spyt wat betyds gekom het
Mense wat lekkergekry het elke keer as die groot seekoei die kleintjie se Chomp opgevreet het
‘n Vrou genaamd Rhona wat by haarself sit en brom omdat daar ne^rens meer blommerangskikkingkompetisies is om voor in te skryf nie
Die blou cocktail wat jy ne^rens kan bestel nie omdat jy die naam vergeet het
‘n Vreemdeling se skaamhaar tussen die blaaie van ‘n biblioteekboek
Die Gnostiese hemelwese Jaldabaot
Die akteur wat Woofles in “Pumpkin Patch” gespeel het
Die eerste reaksie van ‘n argeoloog wat oor 30 000 jaar op die ruines van Ratanga Junction gaan afkom